Knoop (snelheid)

'n Knoop is 'n maateenheid vir snelheid wat veral in seevaart en gemotoriseerde lugvaart gebruik word. Een knoop is een seemyl per uur. Een seemyl word as 1852 meter gedefinieer. Een knoop is dus 'n snelheid van 1.852 km/h of 0,514 44... m/s.

Let op dat mens nie van "knope per uur" as snelheidsaanduiding kan praat nie, omdat die definisie van knope reeds tyd insluit. Die eenheid "knope per uur" sal 'n versnelling of vertraging aandui, maar word egter nooit in die konteks gebruik nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search